Natuur-vriendelike produkte
Nature-friendly products
Tuisblad
Meer oor my
Produkte
Kontak my
Gaste boek
Nuusbrief aflaai
Tuisblad

sevoet logoWelkom by my web tuiste. Ek is Marinda Hattingh.


SE VOET – GAAN GROEN / GO GREEN

Het jy genoeg gehad van chemiese produkte – gifstowwe?  Sit jou Voet neer en stap saam met my die
pad met natuur-vriendelike produkte.  Lees verder en vind uit waarom ek produkte verskaf wat VERNUWE, HERSTEL en GENEES.

Geniet die Stap …

Vel-, kookkuns-, aroma-, insekwerende- en medisinale produkte is besmet met chemiese stowwe en slegte goed! 
Onderandere: “mineral oil, paraffin oil, parabens, petrochemicals, dimenthicone, SLES, SLS, PEG – poly-ethelene glycol, carbomer,
parfum, cocamide DEA, triethanolamine TEA, Teflon, nanoparticles, nanosome, liposome, pearly shimmering flakes – these slip
between the cells and reach the blood as carcinogens.  Dié stowwe word gebruik in ons produkte om dit ‘n langer rak lewe te gee,
te preserveer, ‘n beter kleur, smaak, voorkoms te gee.  Waarom word preserveermiddels by asyn gevoeg en asyn is ‘n natuurlike preserveermiddel?

Kruie en natuurlike olies is die samestelling van ‘SE VOET – GAAN GROEN’ produkte en elke produk het ‘n spesiale taak te verrig.

So, wat is ‘SE VOET – GAAN GROEN’ NATUUR-VRIENDELIKE PRODUKTE?

Moedernatuur – die Geneesheer (God gee plante vir genesing … ):  Kruie is vars en organies, geen gifstowwe word in die
kruietuin gebruik nie.

Eienskappe:

• Helende eienskappe,  Vernuwe en Herstel vel en weefsel.
Velprodukte bevat diep reinigende- en versagtende eienskappe.
Natuurlike geur ­- geen onnatuurlike geurmiddels word bygevoeg.
Natuurlike kleur - geen onnatuurlike kleurmiddels word bygevoeg.

Opsomming:
 
Daar is groeiende gewaarwording van die betekenisvolle voordele van vars kruie, vrugte, groente en sade. 
Of jy ondervinding het van probleme of jy koester ‘n “ GROEN “ lewensuitkyk, die antwoord lê in natuur-vriendelike
produkte en SE VOET – GAAN GROEN is een van hulle.